Lys van monarge van Skotland

Monargie van Skotland
’n Voorbeeld van die Skotse koninklike wapen.
’n Voorbeeld van die Skotse koninklike wapen.
Robert the Bruce.
Robert the Bruce.
Eerste monarg Kenneth MacAlpin
Laaste monarg Anna
Stigting 843
Afskaffing 1 Mei 1707

Die monarg van Skotland was die staatshoof van die Koninkryk van Skotland. Volgens tradisie was die eerste koning van Skotland (Engels: King of Scots; Middelskots: King of Scottis, moderne Skots: King o Scots, Skots-Gaelies: Rìghrean Albannaich) Kenneth MacAlpin (Cináed mac Ailpín), wat die staat in 843 gestig het. Die onderskeid tussen die Koninkryk van Skotland en die Koninkryk van die Pikte is eerder die resultaat van latere Middeleeuse mites en verwarring weens die naamsverandering van Rex Pictorum (koning van die Pikte) tot Rí Alban (koning van Alba) tydens die bewind van Donald II, toe omstreeks die einde van die 19de eeu in die annale oorgeslaan is van Latyn na die omgangstaal. Teen dié tyd het die woord Alba in Skots-Gaelies verwys na die Koninkryk van die Pikte, eerder as Brittanje (die ouer betekenis).[1]

Die Koninkryk van die Pikte het in Gaelies bekend geword as die Koninkryk van Alba, en later as Scotland in Engels en Skots; dit is vandag nog so bekend. Teen die laat 11de eeu op die laatste het Skotse konings die Latynse term rex Scottorum (koning van Skotland) vir hulself gebruik. Die titel King of Scots het in onbruik verval ná 1707, toe Skotland en Engeland verenig en Groot-Brittanje geword het. Koningin Anna was die laaste monarg van Skotland en Engeland en die eerste monarg van Groot-Brittanje, hoewel die twee koninkryke sedert 1603 al dieselfde monarg gehad het. Haar oom, Karel II, was die laaste Skotse monarg wat in Skotland gekroon is – in 1651 in Scone.

  1. Broun, Scottish Independence. ble. 71–97.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search